Psalms

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150


Hoofstuk 75

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." ‘n Psalm van Asaf. ‘n Lied. (75:2)

Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.
2 (75:3) As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.
3 (75:4) Al wankel die aarde en al sy bewoners—Ék het sy pilare vasgestel. Sela.
4 (75:5) Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!
5 (75:6) Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.
6 (75:7) Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie….
7 (75:8) maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.
8 (75:9) Want in die hand van die HERE is ‘n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
9 (75:10) Maar ék sal vir ewig verkondig—ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.
10 (75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.