Psalms

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150


Hoofstuk 54

Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n Onderwysing van Dawid, (54:2)

Toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? (54:3) o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!
2 (54:4) o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!
3 (54:5) Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.
4 (54:6) Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.
5 (54:7) Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!
6 (54:8) Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed;
7 (54:9) want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien.