Psalms

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150


Hoofstuk 52

Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van Dawid. (52:2) Toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. (52:3) Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige?

Die goedertierenheid van God duur die hele dag!
2 (52:4) Jou tong beraam onheil, soos ‘n geslypte skeermes, o werker van bedrog!
3 (52:5) Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.
4 (52:6) Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!
5 (52:7) So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.
6 (52:8) En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:
7 (52:9) Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!
8 (52:10) Maar ek sal wees soos ‘n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.
9 (52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.