Psalms

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150


Hoofstuk 45

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. ‘n Onderwysing. ‘n Lied van die liefde. (45:2)

My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ‘n Koning; my tong is die pen van ‘n vaardige skrywer.
2 (45:3) U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
3 (45:4) Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
4 (45:5) ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
5 (45:6) U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
6 (45:7) U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer.
7 (45:8) U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
8 (45:9) Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
9 (45:10) Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
10 (45:11) Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
11 (45:12) en as die Koning u skoonheid begeer—want Hy is u Heer—buig u dan voor Hom neer.
12 (45:13) En, o dogter van Tirus—met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
13 (45:14) Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
14 (45:15) In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
15 (45:16) Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
16 (45:17) In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.
17 (45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.