Psalms

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150


Hoofstuk 47

Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm. (47:2)

Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ‘n stem van gejubel!
2 (47:3) Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde.
3 (47:4) Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
4 (47:5) Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.
5 (47:6) God vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
6 (47:7) Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
7 (47:8) Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing.
8 (47:9) God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
9 (47:10) Die edeles van die volke het vergader—’n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!