Skeiding van geliefdes


  • en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.
    Genesis 31:49
  • Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid.
    1 Samuel 1:27, 28
  • Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
    Psalms 23:4
  • Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem.
    Psalms 27:10
  • Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.
    Psalms 34:18
  • Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.
    Psalms 147:3
  • Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ‘n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.
    Hooglied van Salomo 8:7
  • Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
    Johannes 14:18
  • Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
    Romeine 8:18
  • wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.
    2 Korintiërs 1:4
  • Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry
    Filippense 3:7, 8
  • Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
    1 Tessalonisense 4:13
  • sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;
    1 Petrus 1:7