Trots


  • Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is ‘n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.-
    1 Samuel 2:3
  • Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid. -
    Spreuke van Salomo 11:2
  • Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.-
    Spreuke van Salomo 13:10
  • Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas. -
    Spreuke van Salomo 15:25
  • Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.-
    Spreuke van Salomo 22:4
  • Die trotsheid van ‘n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry. -
    Spreuke van Salomo 29:23
  • Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
    1 Korintiërs 10:12
  • Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.-
    Galasiërs 3:12
  • Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.-
    Jakobus 4:10
  • Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word. -
    Lukas 14:11
  • Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.Teen sulke dinge is die wet nie. -
    Galasiërs 5:22, 23
  • Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. -
    Filippense2:3-5
  • Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE ‘n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie. -
    Spreuke van Salomo 16:5
  • Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.
    Spreuke van Salomo 16:18
  • Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. -
    Spreuke van Salomo 16:25
  • Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.-
    Spreuke van Salomo 18:12
  • Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. -
    Jakobus 4:6
  • Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.-
    Psalms 25:9
  • Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. -
    1 Petrus 5:5-7
  • Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie. -
    I Konings 20:11
  • Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord. -
    Jesaja 66:2