Regs


  • En toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge?Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry.Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.
    Matteus 17:24-27
  • sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?Maar Jesus het hulle boosheid bemerk en gesê:Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom ‘n penning gebring.En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.
    Matteus 22:17-21
  • en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here—of dit die koning is as opperheer,of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.
    1 Petrus 2:12-14
  • Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie.
    Matteus 5:25-26
  • En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot ‘n getuienis vir hulle en vir die heidene.Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
    Matteus 10:18, 19
  • Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.
    Romeine 13:8
  • En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.
    Johannes 19:10, 11
  • En in daardie dae het daar ‘n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was.En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
    Lukas 2:1-5
  • Kyk, die nasies is soos ‘n druppel aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos ‘n stoffie! Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.
    Jesaja 40:15, 17
  • Want ‘n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.
    1 Korintiërs 16:9
  • Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang;want hy is ‘n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ‘n dienaar van God, ‘n wreker om die een wat kwaad doen, te straf.Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
    Romeine 13:1-7