Gebed


  • Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
    Matteus 7:7
  • As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
    Johannes 15:7
  • Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
    Jeremia 33:3
  • En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
    Jeremia 29:13
  • En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
    Jesaja 65:24
  • Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
    Matteus 18:19, 20
  • En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
    1 Johannes 5:14, 15
  • Bid sonder ophou.
    1 Tessalonisense 5:17
  • As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.
    Psalms66:18, 19
  • En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
    Lukas 22:31, 32
  • Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
    Hebreërs 7:25
  • Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
    1 Timoteus 2:8
  • En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
    Romeine 8:26, 27
  • Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
    Markus 11:24
  • en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
    1 Johannes3:22
  • En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
    Matteus 26:39
  • Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
    Matteus 6:6, 7
  • Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
    Hebreërs 4:16
  • terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
    Effesiërs 6:18
  • Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
    1 Timoteus 2:8
  • Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
    Psalms 55:17
  • Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
    Psalms 102:17
  • Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
    Psalms 116:1, 2
  • Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.
    Psalms 55:17
  • Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
    Psalms 102:17
  • Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
    Psalms 116:1, 2
  • jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
    Jesaja 30:19
  • En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.
    Jesaja 65:24
  • Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
    Jeremia 33:3
  • En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
    Matteus 6:5
  • Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
    Matteus 18:18, 19, 20
  • En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
    Johannes 14:13, 14
  • As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
    Johannes 15:7
  • En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
    Johannes 16:23, 24
  • Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
    Jakobus 4:8
  • en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
    1Johannes 3:22
  • En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
    1 Johannes 5:14, 15
  • So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!
    Jesaja 45:11
  • En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
    Jeremia 29:13
  • Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
    Matteus 21:21, 21D, 22
  • Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
    Markus 11:24
  • En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
    Lukas 11:9, 10
  • En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegeeen was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.
    Romeine 4:20, 21
  • En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
    Effesiërs 3:20
  • Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
    Hebreërs 4:16
  • En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
    Hebreërs 11:6
  • Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—
    Jakobus 1:6, 7
  • En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
    1Johannes 5:14
  • In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.
    Psalms 5:3
  • o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.
    Psalms 63:1
  • Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
    Psalms 119:2
  • Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
    Matteus 6:6
  • Want die golwe van die dood het my omring, strome van onheil het my oorval.Bande van die doderyk het my omring, strikke van die dood het my teëgekom.Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.
    2 Samuel 22:5-7
  • Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
    Psalms 22:24
  • en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
    Psalms 50:15
  • Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons.
    Psalms 62:8
  • Nogtans het Hy hulle benoudheid aangesien toe Hy hulle smeking gehoor het;en Hy het tot hulle beswil aan sy verbond gedink en berou gekry na die veelheid van sy goedertierenhede.
    Psalms 106:44, 45
  • Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
    Psalms 119:10
  • Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.
    Jesaja 55:6
  • En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
    Jesaja 64:7
  • En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
    Jeremia 29:13
  • Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.
    Klaagliedere van Jeremia 2:19
  • Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer;laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:
    Klaagliedere van Jeremia 3:40, 41
  • Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.
    Joël 2:12
  • Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.
    Matteus 17:21