Prys


  • Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting.
    Nehemia 8:10
  • Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.
    Psalms 34:1
  • Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
    Psalms 50:23
  • Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom na die volheid van sy grootheid!Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter;loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit;loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!
    Psalms 150
  • Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.
    Psalms 89:15
  • ‘n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
    Psalm 100:1, 2
  • Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,
    Psalm 92:1
  • Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE!
    Psalm 101:1
  • Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!
    Psalm 97:1
  • o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!
    Psalm 97:12
  • Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
    Psalm 103:1, 2
  • Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.Want die HERE het ‘n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde.
    Psalm 149:1, 3-5
  • Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
    Psalms 50:23
  • En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.
    Die handelinge van die apostels 16:25
  • En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.
    2 Kronieke 20:21, 22
  • Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
    1 Tessalonisense 5:18
  • Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
    Hebreërs 13:15
  • My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.
    Psalms 71:8
  • Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.
    Psalms 71:14
  • Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!
    Psalms 113:3
  • Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,
    Effesiërs 5:19, 20
  • Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!
    Die openbarings 19:5