Redding


  • Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Johannes 3:16
  • want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
    Romeine 3:23
  • Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
    Romeine 6:23
  • Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
    Johannes 14:6
  • Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
    Johannes 1:12
  • Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
    Johannes 3:3
  • En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
    Hebreërs 9:22
  • en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!
    Matteus18:3
  • Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
    Die openbaring 3:20
  • As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
    1 Johannes 1:9
  • As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
    Romeine 10:9, 10, 13
  • Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
    Effesiërs2:8, 9
  • nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
    Titus 3:5
  • Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
    Die handelinge van die apostels 16:31
  • Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
    Johannes 3:36
  • En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
    Johannes 10:28
  • Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
    2 Korintiërs 5:17