Goeie slaap


  • Job 11:18,19 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond—jy sal in veiligheid gaan slaap. Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
  • Psalms 3:5 Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
  • Psalms 4:8 Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.
  • Psalms 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
  • Spreuke van Salomo 3:24 as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.