Die Woord van God


  • In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
    Johannes1:1, 14
  • Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
    Matteus 4:4
  • Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.-
    Psalms 119:11
  • Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
    Johannes15:3
  • 1Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
    Psalm 119:130
  • Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
    2 Timoteus 2:15
  • Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. -
    Hebreërs 4:12
  • Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
    Johannes 6:63
  • Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. -
    Matteus 24:35
  • en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,
    1 Petrus 2:2