Rus in die Here


  • En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
    Eksodus 33:14
  • Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan—en hy het verder gegaan—maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor.
    1 Samuel 9:27
  • want ons het die HERE onse God gesoek—ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.
    2 Kronieke 14:7
  • Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
    Psalms 4:4
  • Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
    Psalms 27:14
  • Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
    Psalms 37:7
  • Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
    Psalms 40:1
  • Laat staan en weet dat Ek God is;
    Psalms 46:10
  • Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
    Psalms 55:22
  • Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons.
    Psalms 62:8
  • U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
    Jesaja 26:3
  • Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
    Jesaja 30:15
  • En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
    Jesaja 32:17
  • maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
    Jesaja 40:31
  • Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.
    Jeremia 17:7
  • Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
    Jeremia 29:11
  • Tet. Goed is die HERE vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE.
    Klaagliedere van Jeremia 3:25, 26
  • Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;want my juk is sag en my las is lig.
    Matteus 11:28-30
  • En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
    Filippense 4:7
  • Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe.
    2 Timoteus 1:12
  • Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
    1 Petrus 5:7