Aanspraak maak op die land


  • Maak jou klaar, trek die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.
    Genesis 13:17
  • Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.
    Levitikus 25:23
  • Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort;
    Deuteronomium 11:24
  • En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
    2 Samuel 22:20
  • Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
    Psalms 2:8
  • Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.En Hy het hulle gelei op ‘n regte pad om te gaan na ‘n stad om in te woon.
    Psalms 107:6, 7
  • en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
    Jesaja 30:21
  • Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
    Matteus 7:7
  • Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.
    Hebreërs 11:8
  • En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.
    Genesis 28:15
  • Kyk, Ek stuur ‘n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.
    Eksodus 23:20
  • Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.
    Eksodus 32:34
  • En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
    Eksodus 33:14
  • Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
    Deuteronomium 28:6
  • en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
    Psalms 105:13-15
  • Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
    Psalms 107:28-30
  • Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
    Psalms 121:8
  • Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
    Psalms 139:9, 10
  • Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan.En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;
    Jesaja 45:2, 3
  • Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle ‘n kort rukkie ‘n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het—
    Esegiël 11:16