Om besluite te neem


  • HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.
    Psalms 5:8
  • Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
    Psalms 25:4, 5
  • Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
    Psalms 25:9
  • HERE, leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande.
    Psalms 27:11
  • Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
    Psalms 32:8
  • Mem. Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.
    Psalms 37:23
  • U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.
    Psalms 73:24
  • Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.
    Psalms 119:18
  • Noen. U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.
    Psalms 119:105
  • Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
    Psalms 119:130
  • Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.
    Psalms 143:8
  • Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
    Spreuke van Salomo 3:5, 6
  • mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.
    Spreuke van Salomo 6:22
  • en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
    Jesaja 30:21
  • En Ek sal blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.
    Jesaja 42:16
  • Die Here HERE het My ‘n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.
    Jesaja 50:4
  • En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
    Jesaja 58:11
  • Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.
    Jeremia 10:23
  • Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene.
    Jeremia 31:9
  • Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.
    2 Korintiërs 5:7
  • Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
    Hebreërs 4:12
  • Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak.
    2 Kronieke 19:6
  • ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind(want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
    Spreuke van Salomo 2:3, 5, 6
  • Die planne van die hart is van die mens, maar die antwoord van die tong kom van die HERE.
    Spreuke van Salomo 16:1
  • Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.
    Spreuke van Salomo 28:5
  • en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;
    Jesaja 11:2, 3
  • En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.
    Daniël 1:17
  • En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
    Jakobus 1:5
  • Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.
    Psalms 143:8
  • Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in ‘n gelyk land.o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.
    Psalms 143:10, 11
  • laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
    Spreuke van Salomo 1:5
  • Die weg van ‘n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.
    Spreuke van Salomo 12:15
  • Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
    Spreuke van Salomo 15:22
  • Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
    Spreuke van Salomo 19:20
  • Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.
    Spreuke van Salomo 20:18
  • Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
    Spreuke van Salomo 24:6
  • Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel.
    Johannes 7:24
  • Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
    Jakobus 3:17
  • In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
    2 Korintiërs 13:1