Rus en vakansies


  • Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
    Psalms 3:5
  • Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.
    Psalms 4:8
  • Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
    Psalms 91:5
  • Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet—net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
    Psalms 127:2
  • as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
    Spreuke van Salomo 3:24
  • Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.
    Prediker 5:12
  • Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde—hy wat sy reguit pad loop.
    Jesaja 57:2
  • Geloofd sy die HERE wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.
    1 Konings 8:56
  • En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond—jy sal in veiligheid gaan slaap.
    Job 11:18
  • Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde—hy wat sy reguit pad loop.
    Jesaja 57:2
  • As jy jou voet terughou van die sabbat—om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.
    Jesaja 58:13:14
  • Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
    1 Korintiërs 10:31
  • Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
    Hebreërs 4:9, 10