Swangerskap en bevalling


  • van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot.
    Genesis 49:25
  • Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.
    Eksodus 1:7
  • en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee.Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
    Deuteronomium 7:13, 14
  • Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?
    Job 31:15
  • Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word.
    Psalms 112:2
  • Wat die onvrugbare van die huis laat woon—’n blye moeder van kinders. Halleluja!
    Psalms 113:9
  • Kyk, seuns is ‘n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ‘n beloning.
    Psalms 127:3
  • Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
    Psalms 139:13
  • Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.
    Psalms 147:13
  • Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.
    Jesaja 40:11
  • Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
    Jesaja 44:3, 4
  • Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.
    Jeremia 1:5
  • En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.
    Lukas 1:45
  • Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
    Hebreërs 11:11
  • En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
    Psalms 18:19
  • Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ‘n rots om in te vlug, ‘n baie vaste huis om my te verlos.
    Psalms 31:2
  • Get. Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
    Psalms 34:7
  • Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!
    Psalms 40:13
  • Al is ek ellendig en behoeftig—die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!
    Psalms 40:17
  • en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
    Psalms 50:15
  • Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ‘n rots wat vir my te hoog is.
    Psalms 61:2
  • Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
    Psalms 91:14
  • Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.
    Spreuke van Salomo 11:21
  • Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
    Jesaja 40:29-31
  • Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.
    Jesaja 65:23
  • Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van ‘n seuntjie verlos. Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.
    Jesaja 66:7, 9
  • ‘n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ‘n mens in die wêreld gebore is.
    Johannes 16:21
  • Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
    1 Korintiërs10:13
  • En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
    2 Korintiërs 12:9
  • En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
    Galasiërs 6:9
  • Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
    Filippense 4:13
  • Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
    1 Timoteus 2:15