Eerlikheid


  • Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
    Kolossense 3:9
  • vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;
    Romeine 12:17
  • Want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.
    2 Korintiërs 8:21
  • ‘n Valse weegskaal is vir die HERE ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae. Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle ‘n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.
    Spreuke van Salomo 11:1, 3
  • In die oortreding van die lippe lê daar ‘n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid. Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ‘n valse getuie bedrog.
    Spreuke van Salomo 12:13, 17
  • Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.
    Spreuke van Salomo 28:13
  • Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
    Jakobus 5:16
  • Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.
    2 Korintiërs 4:2