Beskerming


  • En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.
    LEVITIKUS 25:18
  • Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE—hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.
    DEUTERONOMIUM 33:12
  • Die ewige God is ‘n woning, en onder—ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!
    DEUTERONOMIUM 33:27
  • Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, Here HERE, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u kneg vir ewig geseënd wees.
    2 Samuel 7:29
  • En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
    2 Samuel 8:6
  • Wat kan Dawid daar nog vir U byvoeg met die oog op die eer wat u kneg aangedoen is; en U ken u kneg.
    1 KORINTIËRS 17:8
  • Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.
    Psalms 4:8
  • Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
    Psalms 16:8
  • Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie. U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind. U sal hulle maak soos ‘n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
    Psalms 21:7-9
  • Get. Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
    Psalms 34:7
  • God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
    Psalms 46:1
  • Maar die koning sal bly wees in God; elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word.
    Psalms 63:11
  • Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
    Psalms 91:9, 10
  • ‘n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
    Psalms 127:1
  • Daar sal Ek vir Dawid ‘n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde ‘n lamp toeberei. Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter.
    Psalms 132:17,18
  • U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.
    Psalms 144:10
  • want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
    SPREUKE VAN SALOMO 3:26
  • In die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees.
    SPREUKE VAN SALOMO 14:26
  • Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
    SPREUKE VAN SALOMO 18:10
  • Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.
    SPREUKE VAN SALOMO 21:31
  • Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil.
    SPREUKE VAN SALOMO 30:5
  • Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
    Amos 3:7
  • Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
    EFFESIËRS 6:11, 12