Gee


  • Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
    Matteus 10:8
  • Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
    Spreuke van Salomo 3:27
  • Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
    Lukas 6:38
  • As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
    Jakobus 2:15-17
  • Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
    Spreuke van Salomo 11:24, 25
  • Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.
    Matteus 5:42
  • Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.
    Deuteronomium 15:11
  • Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
    Spreuke van Salomo 3:9, 10
  • Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.
    Spreuke van Salomo 21:13
  • Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.
    Maleagi 3:10
  • Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
    Matteus 6:3, 4
  • En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
    Matteus 25:40
  • Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid.En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.Want die bediening van hierdie hulpbetoning voorsien nie alleen in die behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God,
    2 Korintiërs 9:6-12