Toevoer


  • Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
    1 Timoteus 6:10
  • Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
    Matteus 6:33
  • Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.
    Maleagi 3:8-10
  • En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
    Filippense 4:19
  • Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
    Psalm 37:25
  • En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
    1 Johannes 5:14, 15
  • Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.
    Psalms 23:1
  • Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
    Psalms 34:10
  • Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
    Psalms 68:19
  • maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.
    Psalms 81:10
  • Want die HERE God is ‘n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
    Psalms 84:11
  • Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
    Psalms 145:15, 16
  • Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek.
    Spreuke van Salomo 13:25
  • As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
    Jesaja1:19
  • En Ek sal hulle en die plekke rondom my heuwel tot ‘n seën maak en die stortreën laat val op sy tyd; stortreëns van seën sal dit wees.
    Esegiël 34:26
  • Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
    Matteus 6:8
  • Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
    Matteus7:7, 8
  • As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
    Matteus 7:11
  • En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
    Matteus 21:22
  • En Hy sê vir hulle: Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie.
    Lukas 22:35
  • So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
    I Korintiërs 9:14
  • en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.
    Johannes 3:22